R28.75

Resource Description

Dit is baie belangrik dat die kind ‘n goeie bewustheid van klanke binne woorde moet hê. Daarsonder kan hy nie leer lees nie. Dit staan as FONOLOGIESE BEWUSTHEID bekend. Die volgende oefeninge is verdeel in die begin-, middel- en eindklanke. Beginklanke kan ook “die eerste klank” genoem word. Eindklanke kan ook “laaste klanke” genoem word.

Onthou
Maak eers seker dat u kind al die woorde ken voordat hy ‘n oefening doen.
Moenie die antwoorde met ‘n pen/ potlood op die papier omkring nie. Gebruik ‘n blokkie, knoop, of skuifspeld – die kind plaas dan die blokkie op die antwoord. Op hierdie manier kan die oefeninge herhaal word soos nodig.
Dui aan watter oefeninge moeilik was

Wenk (vir kinders wat kan skryf)
Plaas die papier in ‘n plastiek lêer-sakkie. Laat die kind die klanke met ‘n witbordpen bokant die prente neerskryf – so sal hy makliker by die antwoord uitkom.

Iets ekstra!
Enige prentjie kan gebruik word om taalvaardighede en kreatiewe denkete verbeter. Voorbeelde:
Bladsy 1: Op watter manier is die vis en die padda dieselfde? Hoe verskil hulle?
Bladsy 2: Hoekom pas ‘n perd en ‘n koei bymekaar?
Bladsy 3: ‘n Mes is skerp. Soek nog iets op die bladsy wat skerp is.
Bladsy 4: Wat kan ‘n maan en ‘n lantern albei doen?
Bladsy 5: ‘n Sokkerbal is rond. Noem nog 3 dinge wat rond is.
Bladsy 6: ‘n Stoof word warm. Kan jy aan nog iets in die kombuis dink wat warm word?
Bladsy 7: Jy kap hout met ‘n byl. Kan jy aan iets anders dink wat ‘n mens met ‘n byl kan doen?
Bladsy8: Hoekom pas die pan en die pot bymekaar?
Bladsy 9 Watter 2 prente pas by die hen? Hoekom?
Bladsy 10: Hoe is ‘n kat en ‘n mier dieselfde? Hoe verskil hulle?
Bladsy 11: Hoe is die sokker- en strandbal dieselfde? Hoe verskil hulle?

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.