Afrikaans Fonologiese Bewustheid: Identifikasie van beginklanke Graad R-1

Aktiwiteit & Tuisprogram om beginklanke te identifiseer

R40.00

Ingesluit:

– 12 Werkkaarte in kleur waarop 12 klanke afsonderlik uitgebeeld word. Die
volgende klanke is gedek: m,, s, v, k, t, l, r, n, w, p, g, b.
– 12 Swart en wit drukkervriendelike werkkaarte was as ‘n tuisprogram gebruik kan
word.
– Bonus rymwerk wat deel van die tuisprogram kan vorm.
– Bonus taalwerk wat deel van die tuisprogram kan vorm.

Maak so:

Elke werkkaart het ‘n sirkel waarop 9/10 prente is. In die middel van die sirkel is ‘n prent wat aandui watter begin-klank geteiken word. Bv as daar ‘n nes in die middel is, moet die kind al die woorde soek wat met ‘n /n/ begin.

Die aktiwiteit kan op verskeie maniere gedoen word:
– Knip die sirkels uit en laat die kind ‘n wasgoedpennetjie op die regte prente knyp.
– Die kind rol klein balletjies klei en plak dit op die prentjies.
– Die kind omkring die prent met ‘n wintbord pen (sirkel is gelamineer of in ‘n
plastiek sakkie.)

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

SpraakBorrel

Spraak- en Taalterapeut met 16 jaar ondervinding in 'n hoofstroom skoolopset.

View Store

( 0 ) ratings No ratings have been submitted for this product yet.