Klap en bou klankgrepe vir fonologiese bewustheid

R40.25

Resource Description

Die pakket bevat die volgende:

66 Kleurprente
Woorde met 1 klankgreep: kat, hond, vis, haai, peer, pruim, koek, kar
Woorde met 2 klankgrepe: vliegtuig, volstruis, ballon, walvis, lemoen, piesang, pampoen, wortel, mielie, sprinkaan, sambreel, kalkoen, reënboog, teepot, druiwe, rasper, kersies, seemeeu, appel, ertjies, dokter, planeet, seekat, seekoei, hamster, jakkals, roomys
Woorde met 3 klankgrepe: vuurtoring, mikrogolf, worsbroodjie, pynappel, krokodil, waatlemoen, skoenlapper, naaldekoker, seeperdjie, eiervrug, tamatie, lugballon, verpleegster, pendeltuig, teleskoop, motorfiets, vragmotor, brokkoli, renoster, kameelperd, olifant, papegaai, brandweerman, ambulans
Woorde met 4 klankgrepe: helikopter
Groot prente van ‘n hond, seekat, olifant (sortering)

Die volgende temas is gedek: vrugte, groente, gesonde kos, ongesonde kos, weer, insekte, seediere, voertuie, ruimte, wilde diere

Maak so:
1 Op die mat: kies ‘n prentjie en almal klap saam. Doen elke dag 2 of 3. Noem dit “dapper deeltjie- tyd”. Juffrou kan later ook wys hoe bou ‘n mens die deeltjies met tellers.
of
2 Op die mat/ by tafels in groepsverband: gee vir elke kind tellers/ doppies. Kies ‘n prentjie, almal klap saam en dan bou almal die deeltjies van links na regs.
of
3 Op die mat/ by tafels: knyp wasgoedpennetjies van links na regs (bv: kro-ko-dil het 3 deeltjies, knyp nou 3 pennetjies aan onderkant van kaartjie vas. (Onthou van links na regs)
of
4 Speel “Voer die diere” (tafel-aktiwiteit)

Vir Taalterapeute is daar ‘n bonus-tuisprogram

Mari Buys 2016

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.