1-, 2- en 3-deel opdragte

Die pakket bestaan uit die 5 werkkaarte, elk met ‘n instruksieblad, antwoordblad en voltooide prent.

R28.75

Resource Description

1-, 2- en 3-deel opdragte

Die pakket bestaan uit die 5 werkkaarte, elk met ‘n instruksieblad, antwoordblad en voltooide prent.

Die kind moet oor die volgende woordeskat en konsepte beskik voordat hy die oefeninge in hierdie pakket kan bemeester:

Kennis van woorde: wolk, driehoek, regop streep, plat streep, diamant, son, pyl, ovaal, hartjie, vierkant, sirkel
Begrip van posisie in ruimte
Kennis van woordeskat ten opsigte van posisie in die ruimte: bo, onder, boonste, onderste, onderkant, bokant, middel, links regs, tussen, regop, plat, middel, onderstebo

Maak so:

Maak dit duidelik dat jy die instruksie net 1 maal gaan gee. Soms is hierdie aktiwiteit egter so moeilik dat die opdrag tog herhaal moet word. Sê dan voorafvir die kind dat jy die opdrag TWEE keer gaan gee.

Lees die opdragte vir die kind. Hy moet dan die verskillende figure op die antwoordblad teken. Vergelyk die finale produk met die beskikbare voltooide prent.

In groepe (veral ouer, vaardiger lesers)

Een kind kan die leser wees, terwyl die ander die opdragte moet uitvoer. Maak beurte.

Ek hoop julle geniet dit!

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.