Ouditiewe analise en sintese speletjie

R36.80

Resource Description

Ingesluit
4 speelborde, elk met 9 prente (almal 3-klankwoorde)
Bord 1: vuur, kat, lag, net, saal, nat, vis, kas, veer
Bord 2: lamp, saag, beer, huis, sap, mes, rob, bal, kam
Bord 3: bus, mus, man, siek, nes, sak, wol, peer, reën
Bord 4: bad, pad, nar, pap, rok, muis, was, gom, so
36 kaartjies met woorde van bogenoemde prente
36 kaartjies met bogenoemde prente

Maak so
Gebruik die beeld van ‘n ruspe wat UITGEREK word. Ons sê die woord super-duper stadig. Met ander woorde, wanneer ons ‘n woord klank, word hy uitgerek.
Hoeveelheid spelers: maksimum 4
Elke speler moet 10 tellers, knope of skuifspelde kry.

Elke speler kry ‘n speelbord. Die juffrou of terapeut “lees” die woord op die kaartjie en die spelers moet kyk of hy daardie prentjie het. Indien hy hom het,
kan hy daardie blokkie toemaak. Die een wat eerste 3 rytjies (horisontaal/ vertikaal) vol het, is die wenner.

Ouditiewe sintese-oefening (terapeut/ juffrou tel kaartjies op)
Die speletjie kan onder andere op 2 vlakke gespeel word:

Net die eerste klank word “afgebreek”
Juffrou sê: “Ek gaan die woordjie nou BIETJIE uitrek- k-at”
Elke kind kan nou probeer om ook self die eerste klank af te breek.

2 Die hele woord word opgebreek
Juffrou sê: “Ek gaan die woordjie nou SUPER DUPER lank uitrek – k-a-t”

Ouditiewe analise-oefening
Die spelers maak beurte om prent-kaartjies op te tel. Die speler wat die kaartjie
optel moet die woord klank en die ander moet dan raai wat dit is en op hulle
speelborde soek. Die speler wat klank, oefen analise vaardighede en die ander
spelers oefen sintese vaardighede.

Meer vaardige Gr1 spelers kan die lees-kaartjies gebruik en so ook
leesvaardighede oefen.

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.