AFRIKAANSE LEES PROGRAM GRAAD 1 LES 21 – 30 PAKKET (3de van 4 pakkette)

R199.00

AFRIKAANSE LEES PROGRAM VIR GRAAD 1

Hier is Les 21 – 30 van die Lees program vir Graad 1. Dit is die 3de pakket van 4.

Elke les bevat talle hulpmiddels vir juffrou asook werkkaarte en leeskaarte vir die kinders.

Elke week se les kan as ‘n eenheid aangebied word in ‘n langer klasperiode of opgedeel word in korter lessies vir die week.

Wat is die koste van ‘n pakket van 10 lesse?

Die totale pakket van Les 21 – 30 is beskikbaar vir R250. (R25 per les) Dit is ‘n ongelooflike winskopie vir ‘n interaktiewe lees program. Elke les bevat ‘n hele aantal hulpmiddels en werkkaarte.

Wat maak hierdie lees program anders as ander programme?

Dit is ‘n volledige uitgewerkte interaktiewe program wat GRATIS YOUTUBE VIDEOS bevat wat elkeen hand aan hand loop met hulpmiddels vir juffrou asook werkkaarte en leeskaarte vir die kinders om elke video interaktief en leersaam te maak. (Alles beskikbaar in my TEACHA winkel – maklik om af te laai en te druk in A4 formaat.)

Wat sluit die pakket in?

1. Elke les bevat GRATIS YOUTUBE videos wat in ‘n speellys geplaas is om dit makliker te vind. Al die videos kan maklik afgelaai word m.b.v. YOUTUBE DOWNLOADER. Sodoende hoef juffrou nie heeltyd te ‘stream’ nie.

2. Talle hulpmiddels vir juffrou om die GRATIS YOUTUBE VIDEOS interaktief te maak. (Sluit in plakkate, flitskaarte, woord kaarte, klank kaarte, speletjies ens.)

3. Talle werkkaarte asook leeskaarte (soms leesboekies) vir die kinders wat in die klas gebruik kan word en vir huiswerk gegee kan word.

4. ‘n Volledige uitgewerkte beplanning vir die aanbieding van elke les.

Maar hoe werk die program?

Juffrou speel die video en stop die video wanneer dit voorgestel word of wanneer juffrou inskerping wil doen. Vir die inskerping gebruik jy die hulpmiddels en werkkaarte wat pas by die video.
Juffrou kan die program aanpas of saam met enige ander program gebruik. Die klank van die videos kan ook sag gestel word vir juffrou om haar eie stem en aksent te gebruik. Wat die beste werk vir jou kinders in jou klaskamer en jou omgewing.

Al die hulpmiddels sowel as werkkaarte of leeskaarte is verbruikers vriendelik. Maklik om te druk, te lamineer (indien jy dit verkies) en maklik om te knip (indien dit verlang word bv. vir woordkaarte, klank kaarte of speletjies).

Hoe lyk die volledige lees program?

Ek beplan om vir Graad 1, 2 en 3 ‘n program daar te stel. Maar die beplanning en voorbereiding is baie tydrowend, so dit gaan stukkie vir stukkie gebeur. Elke graad op sy tyd. Ek doen baie navorsing oor die korrekte volgorde van klanke aanleer en probeer op hoogte bly van nuwe idees deur self kursusse by te woon.

Elke graad gaan ‘n AFRIKAANSE, sowel as ENGELSE weergawe hê.
Daar gaan 40 lesse beskikbaar wees vir elke graad in beide tale. (Dus 4 pakkette van 10 lesse per graad per taal.)

Respekteer groot asseblief die harde werk deur die skakels met jou kollegas te deel en nie die harde kopieë nie.

Skakel na LES 21 – 30 AFRIKAANSE LEES PROGRAM SPEELLYS OP YOUTUBE:

Skakel na LES 11 – 20 AFRIKAANSE LEES PROGRAM SPEELLYS OP YOUTUBE:

Skakel na Les 11 – 20 HULPMIDDELS PAKKET:
https://teachingresources.co.za/product/les-11-2o-pakket-vir-afrikaanse-lees-program-graad-1-2de-van-4-pakkette/

Skakel na LES 1 – 10 AFRIKAANSE LEES PROGRAM SPEELLYS OP YOUTUBE:

Skakel na al die hulpbronne vir LES 1 – 10 AFRIKAANSE LEES PROGRAM REEKS:
https://teachingresources.co.za/product/afrikaanse-leesprogram-graad-1-les-1-10-pakket/

Vriendelike groete van ‘n juffrou wat mal is daaroor om te skep en te deel…
Magda…

( 5 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion…

View Store