Afrikaanse lees program GRAAD 1 LES 23 – Luister en lees (drieklanke/diftonge)

R45.00

Hierdie stel werkkaarte hou direk verband met die GRATIS YOUTUBE VIDEO. Dit sluit aan by die Afrikaanse lees program vir GRAAD 1.

Al die drieklanke word ingeskerp. Daar is ‘n verskeidenheid klank flitskaarte om te gebruik om die drieklanke in te oefen. Die term diftong word ook behandel. Daar is ‘n klaskamer plakkaat met die verduideliking van diftonge.

Om vlot te kan lees, moet kinders ook aandagtig kan luister. Die BONUS video sluit ‘n lekker luister storie in. Die hulpmiddels sluit in: verskeidenheid drukbare vrae en antwoorde om te lees. (kan ook saam met die video gelees en gebruik word.)

Die volledige storie (woorde) word ook ingesluit in die pakket. Sodoende kan juffrou self die storie ook voorlees saam met al die interaktiewe drukbare prente en agtergronde.

Die hulpmiddels is aflaaibaar in kleur sowel as swart en wit. Sodoende het juffrou en mamma ‘n keuse vir druk werk.

Daar is ‘n volledige huiswerk leesboekie om af te laai en te druk. Al die instruksies vir bind is mooi uiteengesit. Dit is baie maklik om te maak. Knip in die helfte, rangskik die bladsye in volgorde en kram vas.

Elke les sluit ook ‘n volledige uitgewerkte beplanning vir aanbieding in.

Geniet dit om te luister en te lees.

Gratis YOUTUBE video vir hierdie les:

( 5 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion...

View Store