Afrikaanse lees program GRAAD 1 LES 26 – Sig woorde, sinonieme en antonieme

R29.00

Hierdie hulpmiddels loop hand aan hand met ‘n GRATIS YOUTUBE video.

Objekte, klanke en woorde wat ons gereeld herhaal, word vir in ons brein gestoor en ons kan hulle dus maklik op een oog opslag erken. Sig woorde is woorde wat al deel is van ons woordeskat omdat ons hulle baie herhaal en weet wat die betekenis van daardie woorde is. Daar is algemene sig woorde wat herhaal kan word asook sig woorde wat bekend gestel word in die video. Sinonieme en antonieme word mooi verduidelik en woorde word ingeoefen op ‘n aktiewe manier, deurdat die kinders hulle middellyn oorkruis. Gebruik die drukbare woorde en agtergrond om die video interaktief te maak.

Ons oë sien woorde raak, maar ons oë verklap ook emosies. Daar word ‘n paar emosie woord kaarte bekend gestel. Pas die emosies by die prentjies van die oë. Hoe beter jou gemoed is, hoe beter kan jy nuwe woorde aanleer.
Gebruik die A4 lees kaarte om die sinne te lees. Die lees kaarte kan verdeel word onder die kinders vir ekstra oefening of een tot een gebruik word.

Die hulpmiddels sluit ook ‘n huiswerk lees kaart in. Daar is ook ‘n volledige beplanning vir die aanbieding van die les ingesluit vir juffrou se gerief.

Meeste van die hulpmiddels het ‘n kleur sowel as ‘n swart en wit drukbare opsie om dit makliker te maak. Knipwerk tyd is ook ingedagte gehou tydens die ontwerp.

Hier is die GRATIS YOUTUBE VIDEO vir hierdie les:

( 5 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion…

View Store