Afrikaanse lees program GRAAD 1 LES 27 – Klank families, woordlees en woord vir woord sinslees.

R29.00

Luister en neem aktief deel aan die storie van Borrels die vis. Dit is ‘n oulike storie, waarvan jy prent kaarte sowel as agtergronde kan druk en interaktief inoefen. Daar is ook ‘n volledige beskrywing ingesluit van hoe om jou eie woord en klank visvang stok te prakseer. Daar is twee opsies om die visstok te maak. Een is vir staan en matwerk en die ander opsie is vir tafel werk.

Soos wat die kinders na die storie luister, sien hulle klank families sowel as woorde. Hulle moet dan daardie klank families en woorde vang met hulle eie visstokke. Die klank families en woorde kan ook net gebruik word as woordkaarte. Net soos dit vir jou in jou klaskamer die beste werk.

Die video se gedeelte van sinslees, leer die kinders om woord vir woord vorente te lees. Dit forseer hulle ogies om nie terug te spring nie. Daar is 3 klaskamer lees kaarte wat gebruik kan word om woord vir woord lees te bevorder. Die kinders moet hulle vinger elke keer skuif na die ovaal van die volgende woord en sodoende woord vir woord hardop lees.

Daar is ook prente ingesluit om die les interaktief aan te bied en die storie te ‘speel’. ‘n Volledige beplanning vir aanbieding van hierdie les, sowel as ‘n huiswerk lees kaart is ook ingesluit in hierdie pakket.

Die storie van Borrels is ook ingesluit om te gebruik in die klas of as ‘n aanvullende lees kaart vir sterker lesers.

Meeste van die hulpmiddels kan of in kleur of in swart en wit gedruk word vir jou gerief en behoeftes.

Die GRATIS YOUTUBE VIDEO wat hand aan hand met hierdie les gaan is:

( 5 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion…

View Store