Afrikaanse lees program GRAAD 1 LES 28 – Afrikaanse klankleer en klinkergroepe

R29.00

Hierdie hulpmiddels hou direk verband met die GRATIS YOUTUBE VIDEO. Leerlinge kyk na die Afrikaanse klankleer. Die 3 klinkergroepe word ook behandel. Daar is klaskamer plakkate beskikbaar in hierdie pakket wat juffrou kan gebruik as verwysing. Die kinders kan die klankleer inoefen deur woordkaarte, klank kaarte asook verkleining en meervoud woorde uit te sorteer en daarna hardop te lees.

Klinkergroep 3 se meervouds reël word ingeoefen. Juffrou kan dan die woordkaarte flits en die kinders kan die reël telke male inoefen. Die video sluit 3 oulike aktiwiteite in waarvan die kinders dit verder kan inskerp deur die drukbare hulpmiddels te gebruik en die enkelvoud en meervoude te sorteer en te lees.

Die sinslees gedeelte van die video is asof die leerders op ‘n selfoon skerm lees. Daar word gebruik gemaak van verskillende tipes skrif, sodat die kinders gewoond raak om uit alle tipes media te kan lees. Ingesluit is ‘n drukbare selfoon skerm waarop juffrou of mamma self sinne of woorde kan skryf met ‘n witbord pen. Die kinders kan ook hulle eie woorde en sinne daarop skryf en lees.

Daar is ‘n A4 klaskamer leesboekie met die sinne. Sodoende leer die kinders die verskeidenheid skrif baas raak en juffrou kan ook klem daarop lê dat dit baie belangrik is om daagliks eerder uit boeke te lees as om van ander media gebruik te maak die hele tyd.

Vir huiswerk is daar ‘n drukbare boekie wat maklik is om saam te stel. Die kinders kan die boekie op ‘n gereelde basis lees.

Daar is ook ‘n volledige beplanning ingesluit van hoe om die les aan te bied.

Die skakel na die GRATIS YOUTUBE VIDEO wat pas by hierdie hulpmiddels:

( 5 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion…

View Store