Afrikaanse lees program GRAAD 1 LES 29 – Afrikaanse klinkergroep 2 MEERVOUDE

R45.00

Hierdie pakket hulpmiddels loop hand aan hand met ‘n GRATIS YOUTUBE video. Juffrou of mamma kan die videos met YOUTUBE DOWNLOADER aflaai en gebruik saam met al die hulpmiddels. Sodoende word hope tyd en geld bespaar.

Die hulpmiddels sluit in: Klaskamer plakkate, kleiner kaartjies wat die kinders huis toe kan neem en die klankleer in oefen of vir mamma gee as inligting. Daar is ‘n verskeidenheid woord kaarte. Die woord kaarte kan gebruik word om te rangskik by die woord lees kaarte. Sodoende word die spelreël ingeskerp. Die sinslees kaarte is ook op A4 formaat beskikbaar vir mamma of juffrou om klassikaal of vir individuele hulp aan te wend.

Al die hulpmiddels is so ontwerp dat daar ‘n keuse is om dit te druk in kleur of swart en wit. Knipwerk tyd is ook ingedagte gehou tydens die ontwerp van die hulpmiddels en leeskaarte.

Ingesluit is ook 2 huiswerk lees kaarte met aktiwiteite asook ‘n volledige uiteensetting van hoe om die les aan te bied.

Deel asseblief die skakels en nie die harde kopieë nie. Daar gaan ure se harde werk en beplanning in die maak van die hulpmiddels. Respekteer asseblief die ontwerpers se tyd deur slegs skakels te deel. Sodoende kan daar nog hope nuwe idees en hulpmiddels ontwerp word om tyd en geld te spaar vir opvoeders.

Hier is die video skakel na hierdie hulpmiddel pakket:

( 5 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion...

View Store