Afrikaanse lees program GRAAD 1 LES 30 – Klinkergroep 1 Klank samestellings

R29.00

Klinkergroep 1 is al die moeilike klanke waarmee die kinders nogals klei trap. Die video wat hand aan hand loop met hierdie hulpmiddels, beeld die letters in animasie vorm aan om die klanke saam te stel. Die hulpmiddels sluit verskeie klank flitskaarte in van verskillende groottes wat juffrou of mamma in die klas of tuis kan gebruik. Ouditiewe beluistering word ook geinkorporeer. Juffrou vou die bladsy, sê die woord en die kinders moet luister en dan sê watter klinker hulle hoor. Kyk dan op die lees kaart of jy die regte keuse gemaak het en skerp die klinkergroep 1 klanke so in.

Nonsens woord flits kaarte word ook ingesluit wat ook in die video te sien is. Die flits kaarte is verskillende groottes om vir die kinders te wys dat ‘fonts’ in ons samelewing verskillende groottes is maar dit bly dieselfde letters, klanke en woorde, maak nie saak van die tipe of grootte skrif nie.

Sinslees lees kaarte word ook ingesluit. Uitgebreide sinne wat juffrou knip en die kinders moet dit bymekaar voeg en lees is ‘n oulike lekker lees aktiwiteit. Lees kaarte met sin, vraag en antwoord is ook ‘n aktiwiteit wat die kinders se lees vermoë en lees lus uitbrei.

Die pakket sluit ook ‘n huiswerk leeskaart asook volledige beplanning vir die les aanbieding in.

GRATIS YOUTUBE VIDEO vir hierdie hulpmiddel pakket:

Onthou jy nog die video wat die drieklanke bekend stel as karakters: Hierdie pakket sluit ook hierdie hulpmiddels vir jou gerief in:

( 5 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion…

View Store