Afrikaanse lees program GRAAD 1 LES 31 – Verkleinwoorde, Begripstoets

R45.00

Weet jy wat is verkleinwoorde en wanneer gebruik ons verkleinwoorde? ‘n Ander naam vir verkleinwoorde is verkleinings. Hierdie werkkaarte en hulpmiddels loop hand aan hand met die gratis YOUTUBE video waar alles mooi visueel aangebied word. Daar word gekyk na die -ie en -pie agtervoegsels tydens die vorming van verkleinwoorde. Die woorde kan op ‘n verskeidenheid maniere ingeoefen word. Bou die woorde deur die agtervoegsels by te voeg. Lees dan die woorde. Lees die woord kaarte. Of lees die lees kaart wat al die woorde op een bladsy uiteensit. Daar die bladsy is ook baie goed vir konsentrasie en leesrigting in oefening.

Daarna is daar ‘n heerlike storie. Die kinders kan die storie volgens die video spoed lees of juffrou kan die video enige tyd stop vir die kinders om die sinne te herhaal indien die spoed te vinnig is. Die kinders kan ook die storie pak met die agtergrond en prente van karakters. Die storie volgorde kan ook uitgepak word. Daar is ook lees kaarte wat gebruik kan word om die storie weer te herhaal in die klas of tuis.

Begripstoets! Dit is iets waarmee baie kinders klei trap. Gebruik die woord kaarte om vir die kinders te wys hoe om ‘n begripstoets maklik te kan beantwoord. Gebruik dan die voorbeelde om die tegnieke in te oefen. Die vrae kan mondeling of skriftelik beantwoord word in die klas. Lees om te verstaan is baie belangrik.

Die volgende lesse wat volg gaan ons inoefen dat dit baie belangrik is om te lees en te verstaan en te onthou wat ons gelees het.

Die video wat hand aan hand loop met hierdie hulpmiddels pakket se skakel is:

( 5 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion...

View Store