Hierdie hulpmiddels vorm deel uit van my AFRIKAANSE LEES PROGRAM vir GRAAD 1. Dit is Les 32/40. Al die hulpmiddels gaan gepaard met ‘n GRATIS YOUTUBE VIDEO.

Dit sluit in lees kaarte, prent kaarte, woord kaarte, speletjies, klaskamer plakkate, huiswerk boekie, beplanning en nog vele meer.

Al die hulpmiddels is gebruikers vriendelik en indien dit mooi gebêre word sal dit juffrou en mamma baie lank hou.

R29.00

Al die hulpmiddels asook lees kaarte wat ingeluit is, gaan gepaard saam met ‘n GRATIS YOUTUBE VIDEO. (Skakel hier onder)

Wat is feite en wat is fiksie? Die hulpmiddels sluit prente asook lees kaarte in wat hierdie 2 terme goed vaslê. Daar is ook ‘n lekker speletjie wat juffrou of mamma saam die kinders kan speel. Juffrou kan situasies noem en die kinders moet dan besluit of dit feite of fiksie is.

Makie Sakie Drakie is ‘n vrolike karakter wat die kinders teen die tyd al sal ken wat die videos volg. Hy is ‘n fiktiewe karakter, maar leer vir die kinders slim feite. In hierdie video en met die werkkaarte, stel hy die Wiskundige begrippe van die sirkel bekend.

Daar is lees kaarte, speletjies asook oefeninge wat die kinders kan doen om al die begrippe van ‘n sirkel onder die knie te kry.

Ons sluit aan by die vorige les wat handel oor begripstoetse. Daar is ‘n lekker oefening waar die kinders kan inoefen wat is ‘n begripstoets en hoe om dit met gemak baas te raak.

Ingesluit is ook ‘n vraag lees kaart wat die kinders mondeling of skriftelik kan beantwoord.

Die hulpmiddels is alles gebruikers vriendelik ontwerp, want ek weet daar is min tyd vir knip. So die gebruiks beskrywings is duidelik op elke bladsy en die woorde, prente ens. is mooi gespasieer sodat knipwerk vinnig en maklik gaan.

Daar is ook meestal ‘n kleur sowel as swart en wit weergawe wat gedruk kan word vir jou gerief.

Indien elke les se hulpmiddels mooi gedruk, gelamineer en geknip is, kan dit met gemak in ‘n koevert gebêre word wat oor en oor gebruik kan word.

Daar is ook ‘n volledige beplanning ingesluit en ‘n wonderlike huiswerk lees boekie , wat tjop-tjop gedruk, geknip en gebind kan word.

Hier is die skakel na die GRATIS VIDEO:

Geniet die video en deel gerus die skakel met jou maats.

( 7 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion…

View Store