Hier is die volledige stel hulpmiddels vir die aanbieding van Graad 1 Les 14 Lees program. Elke leesles bevat ongeveer 15 – 30 drukbare hulpmiddels vir juffrou en vir die kinders. Elke les is uitgewerk vir een week se les aanbieding. Die les kan as ‘n geheel aangebied word, of juffrou kan dit verdeel in kleiner les eenhede wat gedurende die week aangebied kan word.
Al die hulpmiddels gaan gepaart met ‘n BONUS GRATIS YOUTUBE VIDEO. Die videos is so ontwerp dat dit op die kinders se vlak is. Die videos vorm ook deel van die totale pakket, maar kan ook individueel benut word.
Ek beplan ook om elke 10 lesse per graad in ‘n pakket saam te sit vir onnies om geld en tyd te spaar. Graad 1 (les 1 -10) is reeds beskikbaar om aan te koop teen R250! Daar gaan 4 pakkette vir elke Graad beskikbaar wees (Graad 1 – 3). Hou my TEACHA winkel fyn dop. Hier is die skakel na my TEACHA winkel. Gaan snuffel gerus:
https://teachingresources.co.za/vendors/i-canek-kan-pleasant-memories-for-educators/
Die speellys vir die aanbieding van hierdie les:
Deel groot asseblief altyd die skakels en nie die drukbare hulpmiddels nie. Sodoende kan die ontwerpers voortgaan om nog hulpmiddels te ontwikkel om dit vir onnies en mamma’s makliker te maak.