R29.00

Vir kinders om aktief te wees tydens enige leesles kan baie voordele inhou. Die kinders word toegelaat om onder toesig met duidelike opdragte te beweeg en sodoende raak hulle lief vir die nuwe inhoud. Terselfdertyd word daar sommer suurstof na die brein gestuur en kom die kinders agter dat daar ander maniere van leer en lees ook is. Vir sommige kinders gaan dit baie deure oopmaak want hulle dink self planne uit van hoe om tuis te leer en te lees.

Hierdie werkkaarte gaan hand aan hand met die GRATIS YOUTUBE videos. Die werkkaarte sluit ‘n leesrigting wyser in, wat juffrou kan druk en uitdeel. Daar is ‘n leesboekie wat die presiese woorde bevat as in die video. Die boekie is maklik om te druk, knip en te bind. Al die instruksies is baie duidelik op al die werkkaarte.

Daar is ook woordkaart flitskaarte wat juffrou op verskeie maniere kan gebruik. Oulike idees word ook gegee op die gedrukte werkkaarte. ‘n Vraag blad is ook ingesluit wat die kinders sommer gaan help om een van die studiemetodes ook baas te raak. Maklik drukbaar en gebruikers vriendelik.

‘n Bonus is ook ingesluit van die bewegings figure wat juffrou kan gebruik vir flits en doen.

Juffrou kan al die bruikbare hulpmiddels lamineer en in ‘n sakkie bêre, sodat alles handig is vir die volgende keer se aanbieding van hierdie les.

Ek hoop julle geniet die storie van Makie Sakie Drakie by die monument. Al die fotos het ek self geneem om uiteindelik die prettige storie saam te stel.

Hier is die skakel na die GRATIS YOUTUBE VIDEO:

Moenie vergeet om ‘n draai te maak by al die ander opvoedkundige videos op my kanaal nie. Daar is wiskunde, taal, ABC, lewensvaardighede en nog vele meer.

Hier is die skakel: (Click daarop en druk die rooi SUBSCRIBE knoppie)
https://www.youtube.com/channel/UCdUKSVdrwwJRssD2LRVYQtQ

( 7 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

Terms and Conditions

All the resources available in our TEACHA shop are for personal use only. If you buy any resources from us, you are not allowed to share or distribute any copies to someone else. The resources are only for your own use in your classroom or for your child.

You are in no way allowed to copy and paste any part of our resources to use in other resources or sell in any other bundles.