Alle hulpmiddels vir Graad 1 Les 20 – vaslegging van die eeu-drieklank

R40.00

Hierdie werkkaarte sluit direk aan by die GRATIS YOUTUBE video wat handel oor een van die drieklanke (eeu-klank). Die klank word ingeskerp met ‘n prettige storie waarvan daar ‘n verskeidenheid werkkaarte is. Die werkkaarte kan gebruik word vir taal ontwikkeling, woordeskat uitbreiding asook mondeling.. Daarna word woorde gelees op verskeie maniere. Die video eindig met sinslees.

Die hulpmiddels sluit klaskamer plakkate in om vir die kinders te wys om dele van die video uit te lig. Daar is leeskaarte met waar die woorde vervang word met prentjies vanuit die storie. Die prente kan ook vervang word met woorde om die leeskaarte aan te pas. Elke werkkaart of hulpmiddel is duidelik gemerk met instruksies en idees hoe om dit te gebruik. Die hulpmiddels is gebruikers vriendelik. Maklik om te druk, te knip en aanmekaar te heg. Juffrou kan dit ook lamineer en so wegbêre om nog talle kere te gebruik.

Die hulpmiddels sluit ook ‘n huiswerk leeskaart sowel as ‘n volledige beplanning vir die toepassing van hierdie les in.

Skakel na die video wat hand aan hand loop met hierdie les:

Gaan loer ook gerus na die ander videos wat die drieklanke behandel:

Die aai-klank:

Al die drieklanke:

Respekteer asseblief alle ontwerpers se harde werk, deur die skakel te deel en nie die harde kopieë nie. Sodoende kan alle ontwerpers die geleentheid gegun word om nog verder nuwe inhoud te skep vir opvoeders se gebruik.

( 5 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion...

View Store