Product Description

Hierdie werkkaarte stel die kinders bekend aan lees en rym d.m.v. ‘n paar prettige speletjies. Die kinders kry geleentheid om ‘n kat te maak of te teken wat voorgestel word deur ‘n rympie. Daarna gaan hulle die regte rym woord kies en ‘n boontjie sakkie in ‘n houer gooi as beloning indien hulle reg rym. Sinne word ook gelees in die vorm van ‘n rympie.

Al die hulpmiddels is ingesluit in hierdie pakket. Juffrou kan die rympie met gerief gebruik wanneer die kinders die kat maak. Daar is ook flitskaarte beskikbaar vir die stap vir stap maak van die kat met ‘n rympie. Woordkaarte is ingesluit in kleur en swart en wit vir die bymekaar pas van rym woorde. Daar is ook klein woordkaarte beskikbaar vir lees en bymekaar pas volgens die rympie van die kat. Twee leeskaarte word ingesluit vir klas leeswerk en huiswerk.

Juffrou gaan ook ‘n volledige beplannings bladsy ontvang saam met al die hulpmiddels. Sodoende kan jy mooi sien in watter volgorde die les aangebied kan word. Die les kan as ‘n eenheid aangebied word of opgedeel word in kleiner lesse vir een week se aanbieding.

GRATIS YOUTUBE VIDEO VIR GRAAD 1 LES 16:

Skakel na nog ‘n oulike rym video:

Geniet, deel asseblief die skakel en nie die harde kopieë nie. Sodoende kry ons weer kans om nog nuwe leer materiaal te skep.

Product Reviews ::

Total vendor ratings: ( 7 ratings )
No ratings have been submitted for this product yet.

R29.00