R80.50

Resource Description

Wat hierdie program behels:
Die /k/-klank word dikwels verwar met die /t/-klank, en word dan deur kinders as /t/-klank uitgespreek (tat in plaas van kat). Hierdie het uiteindelik ‘n invloed op toekomstige skryf vaardighede (hulle skryf wat hulle sê). Ons gaan ‘n paar sessies spandeer aan die opleiding van die /k/-klank.

Ons leer om die k-klank te sê. Hierdie is ‘n omvattende program wat die volgende insluit.
Vlak 1: Ouditiewe Diskriminasie k/t – Die kind moet kan HOOR dat daar ‘n verskil is tussen /k/ en /t/.
Vlak 2: Isolasie – Ek het vir u kind tydens ons terapiesessie gewys hoe om die /k/-klank te sê: Agter in ons keel.
Vlak 3: Produksie in lettergrepe
Vlak 4: Produksie in woorde (begin, einde, middel)
Vlak 5: Produksie in sinne
Vlak 6: Oordrag na spontane spraak

Hierdie program kan ook as tuiswerk gegee word sodat herhaling tuis kan plaasvind.

-14 bladsye

Resource Reviews

Store reviews: ( 1 rating )

No ratings have been submitted for this resource yet.