Artikulasie program van die Afrikaanse /v/-klank : Vliegtuig tema

R75.00

Wat hierdie program behels:

Ons gaan ‘n paar sessies spandeer aan die opleiding van die /v/-klank. Ons leer om die /v/-klank te sê. Hierdie is ‘n omvattende program wat die volgende insluit.

Vlak 1: Ouditiewe Diskriminasie – Die kind moet kan HOOR dat daar ‘n verskil is tussen woorde.
Vlak 2: Plasing: Ek het vir u kind tydens ons terapiesessies gewys hoe om die /v/-klank te sê: Ons byt ons onderlip met ons botande vas en laat die lug deur vloei.
Vlak 3: Isolasie
Vlak 4: Produksie in lettergrepe
Vlak 5: Produksie in woorde (begin, einde, middel)
Vlak 6: Produksie in sinne
Vlak 7: Oordrag na spontane spraak

Hierdie program kan as tuisprogram ook gegee word, sodat oordrag tuis plaasvind.

( 1 rating ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

Elayne Verster Store

As Spraak-en Taalterapeut het ek altyd ‘n probleem wanneer dit kom by die bekombaarheid van Afrikaanse produkte. Ek het ‘n passie vir my werk en wat ek doen, en hou daarvan om nuwe Afrikaanse produkte te ontwerp. Besoek gerus my winkel! 🙂

View Store