Afrikaans Huistaal – Begripstoets vir Gr 4 – 6 leerders

Hierdie is ‘n interaktiewe Power Point les van 34 skyfies in totaal.

R40.25

Resource Description

Ons werk as ’n klas saam en antwoord om die beurt. Lees saam met die kinders die storie, of maak beurte onder die kinders om elk ’n stukkie te lees.

Die vrae is in drie afdelings: Die Hoenderhok,  Koeistal en Pampoenland. Die leerder kies uit watter afdeling hy/sy ’n vraag wil antwoord.

Kliek op die naamplaat om na daardie afdeling te gaan.

Kies dan ’n hoender deur op haar naam te kliek; of ’n koei om op haar naam te kliek; of ’n pampoenmuis om by die vrae uit te kom.

Die Hoenderhok: Op die tafel is ’n eier in ’n eierkelkie.  Kliek op die kelkie, dan verskyn die vraag. Kliek op die tamatiesous dan kom die antwoord. Volgende.

Die Koeistal: Op die tafel is ’n glas en melkbeker. Kliek op die melkbeker, dan verskyn die vraag. Kliek op die eetgoed dan kom die antwoord. Volgende.

Die Pampoenland: In die begraafplaas is ’n groot pampoen.  Kliek op die pampoen, dan verskyn die vraag. Kliek op die spook dan kom die antwoord. Volgende.

Resource Reviews

Store reviews: ( 21 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.