R40.25

Resource Description

Reseptiewe speletjie
Doel
Die begrip van waarin, waarop, waarmee , waaronder en waarvan word ontwikkel.

Ingesluit
20 proefbuis-kaartjies met vrae
4 kaartjies wat aandui dat jy ‘n kaartjie verloor (toksies!)
3 proefbuis-matjies waarop kaartjies versamel word.
Prente-blad vir woordeskat-uitbreiding (wetenskaplike, gevaar, fles, proefbuis, mikroskoop)
Laboratorium breinkaart

Speel so
Elke speler kry ‘n proefbuis-matjie. Skommel die 24 speelkaartjies en maak beurte om op te tel. Wanneer ‘n speler ‘n kaartjie met ‘n proefbuis optel, word die vraag gelees (deur kind of terapeut) en moet die kind dit beantwoord. Wanneer ‘n TOKSIES! kaartjie opgetel word, moet 1 kaartjie terugsit word! Die speler met die meeste kaartjies aan die einde, is die wenner!

Ekspressiewe speletjie

Doel
Die kind oefen om vrae met waarin, waarop, waarmee , waaronder en waarvan te formuleer.

Ingesluit
35 fles-kaartjies met vrae
5 kaartjies wat aandui dat jy ‘n kaartjie verloor (toksies!)
3 fles-matjies waarop kaartjies versamel word.

Speel so
Elke speler kry ‘n fles-matjie. Skommel die 40 speelkaartjies en maak beurte om op te tel. Wanneer ‘n speler ‘n kaartjie met ‘n fles optel, moet hy ‘n vraag formuleer wat met die vraagwoord begin wat op die ooreenstemmende kleur fles op sy matjie staan. Die woord op kaartjie moet die ANTWOORD op die vraag wees. Byvoorbeeld. As hy ‘n blou fles optel waarop “tas” staan, kan die vraag moontlik so klink: “Waarin pak jy jou boeke as jy skool toe gaan?” Wanneer ‘n TOKSIES! kaartjie opgetel word, moet 1 kaartjie teruggesit word. Die speler met die meeste kaartjies aan die einde, is die wenner!

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.