R69.00

Resource Description

Ons leer mervoude deur om domino’s te speel. Daar is nie ‘n beter manier om te leer as om ‘n speletjie te speel nie.

Ekspressiewe taal kan ook geteiken word met hierdie speletjie.

Kies ‘n speler om te begin en plaas enige begin domino op die tafel (dit moet ‘n domino wees met ‘n dubbel prentjie, bv. dubbel rokke).
Elke speler kry ‘n beurt om een domino neer te sit wat by die prent wat reeds op die tafel is pas. Gesels saam oor die domino’s. Vra u kind paar vrae, bv. “Wat is op dié domino?” Kind: “Twee skoene.” As u kind van die verkeerde meervoudsvorme gebruik maak, herhaal die korrekte meervoud vir hom/haar terug, bv. Kind: “Twee skoenes.” Mamma: “Jy is reg dit is twee skoene.”

Hierdie speletjie is hope pret vir die hele gesin.

Resource Reviews

Store reviews: ( 1 rating )

No ratings have been submitted for this resource yet.