FREE

Resource Description

Hoeveel maal hoor ons nie hierdie woorde nie?

“Ek is verveeld!”

Tuisskolers hoor dit, mammas met kinders in die skool hoor dit, vakansietye hoor ons dit, naweke hoor ons dit…

In stede daarvan om ons kinders die “instant gratifications” van die moderne samelewing te gee in die vorm van skerms soos TV’s of tablette, verkies ek om hulle iets te gee wat hulle lewensvaardighede kan leer.

Daarom het ek die “Ek is verveeld!” houer op die kombuiskas.

Dis geskik vir enige ouderdom. Die kind kan ‘n strokie met ‘n aktiwiteit uit die houer trek en die aktiwiteit daarop doen volgens sy vlak van vaardigheid.

Dit kan individuele of spanwerk aanmoedig.

Die kinders geniet dit, want die trek van ‘n instruksie strokie hou altyd die element van verrassing en nuuskierigheid ook in.

Ek hoop hierdie aktiwiteit sal help met daardie “Ek is verveeld!” tye.

Kopiereg © 2018 Beatrix Snyman (Buzy Beez Dzignz)

Resource Reviews

Store reviews: ( 8 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.