‘n Klas- of terapie-aktiwiteit vir die ontwikkeling van verbale en skriftelike ekspressie

FREE

Resource Description

Speel so:
Twee spelers, elk met ‘n prentjie. Die kinders kan volgens ‘n tema ‘n prentjie van die huis af bring of een in ‘n tydskrif in die klas soek.
Persoon 1 moet BESKRYF en Persoon 2 moet TEKEN. Persoon 1 kyk na sy prentjie en beskryf met VOLSINNE. Persoon 2 kan enige vrae vra om meer van die prentjie uit te vind. Persoon 2 teken die prentjie terwyl Persoon 1 beskryf. Wanneer die tyd verby is (gebruik die “timer” op jou selfoon of ‘n uurglas), wys Persoon 1 die prentjie vir Persoon 2. Nou ruil die 2 spelers rolle. Nadat albei ‘n beurt gehad het, gaan elkeen iets oor sy prentjie SKRYF (gebruik die aangehegte vorm of werk direk in boeke!. Dit kan inligtings- of narratiewe teks wees. Dit is makliker om iets te skryf nadat jy al bietjie daaroor gedink en gepraat het!

Alhoewel hierdie oorspronklik ‘n speletjie vir die klaskamer is, kan terapeute dit maklik aanpas vir ‘n terapiesessie. Uitstekende visualiserings en ekspressiewe oefening.

Kom ons kry die kinders aan die praat en aan die skryf!

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

Baie Dankie

Bry123 - September 16, 2022

Georgina - September 16, 2022

Zeelie - September 16, 2022

Jackie Fourie - September 16, 2022