Hierdie drukbare hulpmiddels volgens die gratis YOUTUBE video wys vir kinders dat dit moontlik is om hulle sintuie in te span wanneer hulle leer. Juffrou kan die video vir die kinders wys en vir hulle elkeen speel klei asook gelamineerde klanke uitdeel om op te speel en te leer.

Die GRATIS video is so ontwerp dat juffrou dit vir die kinders kan speel en hulle mooi sal verstaan hoe om die klei te gebruik om die opdrag uit te voer.

Daar is vir elke dubbelklank ‘n drukbare A4 bladsy wat juffrou kan druk en lamineer. Die kinders kan dan al die aktiwiteite op die gelamineerde tweeklank uitvoer. Dit sluit ook ‘n woord leeskaart in. Die kinders luister na die woord wat juffrou sĂȘ, soek die woord en plaas ‘n klei ‘balletjie’ op die regte woord. Daar is ook klank kaarte wat gedruk kan word (in verskillende kleure vir sortering). Die klank kaarte word gebruik om woorde te bou op klei ‘slangetjies’. Die woorde word hardop gelees vir inoefening.

Dit is baie belangrik vir kinders om hulle perseptuele vaardighede in te span terwyl hulle leer. Klei speel is een van die aktiwiteite wat gereeld gedoen kan word. Fyn motoriese spiere word geoefen en sintuie word ingespan om nuwe leermateriaal aan te leer. Boonop is dit baie pret en die kinders leer speel-speel.

Juffrou kan die video stop sodat die kinders elke klank inoefen of gebruik as verduideliking en na die tyd al die speel-leer aktiwiteite doen.

Video om te gebruik vir hierdie les:

( 4 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

I can/Ek kan - Pleasant memories for educators

I am a qualified teacher with experience in remedial teaching. I also have years of experience in the field of testing school readiness. I studied interior and graphic design and are interested in photography. So to create and educate is my passion...

View Store