* Letterherkenning
* Klankherkenning
* Skrif
* Kleinletterherkenning
* Oefen van hoofletters
* Woordbou
en nog vele meer!

R230.00

© All rights reserved. No part of this book may be transmitted or reproduced in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording or any information storage or retrieval system, without the permission in writing from the copyright holder. Scribo Novus Education Louise Jones

Resource Description

Leer jou kind lees en skryf

‘n Opvoedkundige leer lees en skryf oefening boek wat kinders help in die grondslag fase van leer lees en skryf. “Kyk mamma, ek leer lees en skryf” is saamgestel vir tuis gebruik, sowel as in die klaskamer. Dit kan gebruik word as ‘n hulpmiddel, ‘n Graad R of Graad 1 kurrikulum boek en ook as ‘n hersiening boek.

Elke oefening is met die hand ontwerp en later oorgesit na digitaal. Die letters is soortgelyk aan die eenvoudigste handgeskrewe simbole. Dit is goed nagevors. Deur dat dit in swart en wit is kan die kinders meer kreatief wees deur kleur kryte of potlode te gebruik om die oefeninge mee te doen.

Die eerste letter is “a”, dan volg die letter “m” dus kan hulle dan alreeds die woord “mamma” spel (lees). Elke letter het ook drie oefeninge.

Daar is baie prente vir die wat hou van inkleur en ‘n bietjie knip en plak van woorde vir sinne bou.

Die boek is ideal vir ouers wat ‘n aktiewe rol wil speel in hierdie fase van hulle kind se opvoeding en ontwikkeling. Dit gee ook baie genot aan die ouer wat self hul kind wil leer lees en skryf deur dat hulle saam deur die boek kan werk.

Dit is ook ‘n uitstekende hulpmiddel wat die onderwyseres huis toe kan stuur vir ekstra oefening en repetisie, maar is heeltemal voldoende om dit ook in die klaskamer te gebruik.

 

Resource Reviews

Store reviews: ( 0 ratings )

No ratings have been submitted for this seller yet.