Kyk mamma, ek word groot

Daar iets van alles in.
Van die vaardighede wat ontwikkel word is as volg:

* Letter- en klankherkenning
* Getalherkenning
* Kleur- en vormherkenning
* Inkleur
* Getalle 1-10
* Indetifiseer
… en nog vele meer.

R200.00

Voorskool boek

‘n Opvoedkundige voorskool oefening boek wat kinders help in die grondslag fase van letter- en syfer onderskeiding. “Kyk mamma, ek word groot” is saamgestel vir tuis gebruik, sowel as in die klaskamer. Dit kan gebruik word as ‘n hulpmiddel, ‘n voorskool of Graad R kurrikulum boek en ook as ‘n hersiening boek. Dit is wonderlik vir mammas wat se kinders ekstra stimulasie nodig het.

Oefeninge van “watter een pas nie”, groottes, vorms, kleure, die algemene alfabet letters, nommer 1-10, inkleur oefeninge en nog baie meer.

Daar iets van alles in.
Van die vaardighede wat ontwikkel word is as volg:

* Letter- en klankherkenning
* Getalherkenning
* Kleur- en vormherkenning
* Inkleur
* Getalle 1-10
* Indetifiseer
… en nog vele meer.

Daar is baie prente vir die wat hou van inkleur.

Die boek is ideal vir ouers wat ‘n aktiewe rol wil speel in hierdie fase van hulle kind se opvoeding en ontwikkeling. Dit gee ook baie genot aan die ouer wat self hul kind wil leer deur dat hulle saam deur die boek kan werk.

Dit is ook ‘n uitstekende hulpmiddel wat die onderwyseres huis toe kan stuur vir ekstra oefening en repetisie, maar is heeltemal voldoende om dit ook in die klaskamer te gebruik.

Skole of tuisskool groepies wat spesiale bestellings wil maak kan ons kontak.

Vir meer inligting aangaande die boek kontak ons gerus.

Gepubliseer 2016
Scribo Novus Education
Skryfster: Louise Jones
Redakteur: Edmund Jones

084 2657795
louise@scribonovus.co.za
www.scribonovus.co.za

ISBN 978-0-620-73999-3

© Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige manier, meganies of elektronies, insluitend plaat- en bandopnames en fotokopiëring, sonder skriftelike toestemming van die kopiereghouer

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Scribo Novus

Tuisskool mamma / Home-school mom

View Store

( 0 ) ratings No ratings have been submitted for this product yet.