‘n Inleidende aktwiteit om die beginsel van kontekstuele leidrade te verduidelik

R17.25

Resource Description

Hierdie aktiwiteit is spesifiek gerig op die ontwikkeling van die vermoë om tussen die lyne te kan lees. Met ander woorde die vermoë om kontekstuele leidrade te gebruik om uiteindelik leesbegrip te verbeter, word ontwikkel. Alhoewel daar nie met teks gewerk word nie, verduidelik hierdie aktiwiteit die konsep van inligting wat AFGELEI kan word.

Maak So:

Versamel ‘n klomp “gemors” en gooi dit in in ‘n swartsak. Sê vir die kind(ers)dat dit jou bure se sak is wat jy op die sypaadjie gekry het. Ek waarborg ‘n paar groot oë! Verseker hulle dat jy seker gemaak het dat daar niks grillerigs in is nie!

Vertel vir die kind(ers) wat ‘n argeoloog is – dit is mense wat die woonplek van mense wat baie lank gelede geleef het, opgrawe om meer oor hulle uit te vind. (Jy kan selfs vir hulle prente van Mapungubwe wys.)

Julle gaan nou speel julle is argeoloë! Pak die inhoud uit en die kind(ers) moet afleidings van jou “bure” op grond van die items in die sak maak.

Moontlike voorbeelde:

Opgefrommelde pienk geskenkpapier (n dogtertjie het verjaar)
5 kersies (die dogtertjie is 5 jaar oud)
Blik formule melk (daar is ‘n baba)
Lee pak baba katkos (hulle het ‘n baba-kat, dalk 2 ,maar ons weet nie)

Gebruik die optekenblad om rekord van jul fondse te hou.

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.