R57.50

Resource Description

Aangesien ek self ‘n “Homeschooling Momtrepreneur” is, weet ek hoeveel beplanning daar altyd nodig is.

Hierdie beplanner behoort in meeste van jou behoeftes te voldoen.
Dit is A4 grootte, maar kan A5 grootte gedruk word en dan in ‘n A5 notaboek geplak word volgens jou eie behoefte.
Ek plaas die kalenders met die datums en die jaarbeplanner heel voor in die notaboek.
Die informasie plaas ek heel agter in die notaboek.
Die maandelikse, weeklikse en daaglikse beplanners druk ek uit soos ek dit benodig deur die jaar.

Hierdie beplanner beslaan uit 55 bladsye en bevat die volgende:

Kalenders:
– Januarie – Desember 2019 met datums
– Maand sonder datums

Algemende beplanners:
– Weekliks volgens dae
– Daagliks met tye
– Daagliks sonder tye
– Daagliks / Weekliks / Maandliks met kontrolelys, prioriteite, aktiwiteite en dinge om te onthou
– Kontrolelys of af te merk

Tuisonderrig:
– Vakbeplanner vir die week / maand / jaar
– Lesbeplanner vir die dag / week
– Lys vir webtuistes of blogs
– Lys vir boeke.

Kinders se Aktiwiteite:
– Aktiwiteite vir die week
– Take vir die dag

Finansies:
– Weeklikse uitgawe beplanning
– Inkomste en uitgawes
– Uitgawes vir die week / maand
– Maandelikse begroting

Persoonlik:
– Blog beplanning
– Projekte
– Vakansie
– Jaarbeplanner 2019

Informasie:
– Publieke vakansiedae 2019
– Skoolkwartale 2019
– Skoolvakansies 2019
– Kontakte
– Spesiale datums
– Notas

Geniet dit!

Kopiereg © 2018 Beatrix Snyman (Buzy Beez Dzignz)

Resource Reviews

Store reviews: ( 8 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.