Bordspeletjie: Identifikasie en Produksie van rymwoorde. Bonus taalaktiwiteit.

R28.75

Resource Description

Rits Rond op die plaas met Rymwoorde

Instruksies

Wat is ingesluit in hierdie pakket?
1 speletjies-bord
12 Klein gekleurde kaartjies met prente (knip los van mekaar)
1 Hulpkaart met plaasprente (lamineer in A4 vorm en moeniie losknip nie)

Wie kan speel?
Twee – vier (spelers kan ook in spanne speel)
3 kinders of twee spanne (2 per span) kan speel

Hoe speel ons?
Julle benodig 3 voorwerpe waarmee spelers kan aanskuif (bv tellers)
– Die eerste speler tel ‘n kaartjie op. Hy skuif na die blokkie met dieselfde
kleur as die kaartjie. Hy moet ‘n rymwoord (plaas-woord)
uitdink vir die prentjie op die kaartjie. Hy mag die rymwoord op die hulpkaart
soek. Gaan vooraf saam met die kind deur al die woorde op die hulpkaart.
Byvoorbeeld: Speler 1 tel ‘n kaartjie met ‘n “haai” op. Dit is ‘n groen kaartjie en hy mag dan na die naaste groen blokkie skuif. Hy mag nou op die hulpkaart kyk en sien dat “haai” en “kraai” rym. Daarna is dit die volgende speler se beurt.

– Die wenner(s) is die eerste een wat op die laaste blou blokkie land.

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.