Plaas twee plekhouers (bv. skuifspelde/munte) op die bordspeletjie.
Plaas die kaartjies gesig na onder op die tafel.
Elke speler kry ‘n beurt om ‘n kaartjie op te tel voordat hy/sy die dobbelsteen rol. Mamma lees die sin op die kaartjie en vra dan wat het hy/hulle gedoen en wat gaan hy/hulle doen. Bv. Mamma: “Phineas sing ‘n liedjie. Wat het hy gedoen?” Kind: “Phineas het ‘n liedjie gesing.” Mamma: “Wat gaan hy doen?” Kind: “Hy gaan ‘n liedjie sing.” Gee die leerder geleentheid om te antwoord. Indien die leerder se sinskonstruksie inkorrek is, herhaal die sin korrek terug vir hom/haar. Motiveer lang, volledige sinne.
Nou kan u kind die dobbelsteen rol en sy/haar plekhouer skuif.

Baie pret vir die hele gesin!

( 0 ) ratings No ratings have been submitted for this product yet.

Elayne Verster Store

As Spraak-en Taalterapeut het ek altyd ‘n probleem wanneer dit kom by die bekombaarheid van Afrikaanse produkte. Ek het ‘n passie vir my werk en wat ek doen, en hou daarvan om nuwe Afrikaanse produkte te ontwerp. Besoek gerus my winkel! 🙂

View Store