Instruksies:
• Kleur een spinnekop rooi in en die ander een blou in.
• Knip die insekte op bladsy 3 uit.
1. Ouditiewe Opeenvolging:
• Noem 2; 3 en later 4 insekte op ’n slag en laat u kind dit terug sê. Hy/sy kan dit nou op die spinnerak plak. Bv. “Die blou spinnekop vang ’n mier en ’n wurm. Wat het hy gevang?”
2. Vraagvorm en luistervaardighede:
• Nadat daar insekte op die rooi en blou spinnekoppe se spinnerakke is, vra ‘wie’ en ‘wat’ vrae. Bv. “Wat het die blou spinnekop gevang? Wie het die vlinder gevang?”

( 0 ) ratings No ratings have been submitted for this product yet.