FREE

Resource Description

Hierdie “Powerpoint” dokument bevat ‘n lys van al die basiese vaardighede wat CAPS vereis vir Gr. 10 Algebra. Dit bevat ook ‘n kort toetsie (ongeveer 10 punte) vir ELKE vaardigheid in die lys. Onderwysers kan die lys van vaardighede vir leerders uitdruk, sodat leerders kan aandui wat hulle bemeester het. Leerders moet ‘n minimum van 80 % kry voor hulle die vaardigheid bemeester het. Indien hulle minder as 80 % kry, gaan die leerder terug en oefen weer die vaardigheid, met remediëring. Daarna gee die onderwyser weer die toets vir die leerder, die onderwyser kan enkele getalle verander en ‘n oneindige hoeveelheid toetse so verkry. Hierdie toetse sal die onderwyser in staat stel om presies te bepaal waarmee elke leerder sukkel en dan gedifferensieërde remediëring toe te pas. Toetsies is opgestel om die basiese konsepte te toets en bevat geen moeilike vrae nie. ‘n Leerder wat dus minder as 80 % kry, het nie die basiese konsepte bemeester nie.

Resource Reviews

Store reviews: ( 0 ratings )

No ratings have been submitted for this seller yet.