Instruksies
1. Benodighede: Skêr en gom.
2. Knip die prente uit.
3. Besluit watter maat jy eerste gaan aantrek.
4. Vra u kind om ‘n kledingstuk te kies. Sê: “Kom ons help die seun om aan te trek.” Vra dan u kind wat doen die seun. Bv. “Hy trek sy broek aan.” Vra dan vir u kind: “Wie se broek is dit?” … “Die broek is syne.”
5. Nou kan u kind die kledingstuk op die regte maat plak.
6. As u kind van verkeerde sinskonstruksie gebruik maak, moedig hom/haar aan om weer te probeer. Bv. Kind: “Hy trek hom broek aan”, Ouer: “Jy is reg, hy trek sy broek aan.” of Kind: “Die broek is hom s’n.”, Ouer: “Jy is reg, die broek is syne.”
7. Geniet die speletjie.

( 1 rating ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

Elayne Verster Store

As Spraak-en Taalterapeut het ek altyd ‘n probleem wanneer dit kom by die bekombaarheid van Afrikaanse produkte. Ek het ‘n passie vir my werk en wat ek doen, en hou daarvan om nuwe Afrikaanse produkte te ontwerp. Besoek gerus my winkel! 🙂

View Store