R69.00

Resource Description

Instruksies
1. Benodighede: Skêr en gom.
2. Knip die prente uit.
3. Besluit watter maat jy eerste gaan aantrek.
4. Vra u kind om ‘n kledingstuk te kies. Sê: “Kom ons help die seun om aan te trek.” Vra dan u kind wat doen die seun. Bv. “Hy trek sy broek aan.” Vra dan vir u kind: “Wie se broek is dit?” … “Die broek is syne.”
5. Nou kan u kind die kledingstuk op die regte maat plak.
6. As u kind van verkeerde sinskonstruksie gebruik maak, moedig hom/haar aan om weer te probeer. Bv. Kind: “Hy trek hom broek aan”, Ouer: “Jy is reg, hy trek sy broek aan.” of Kind: “Die broek is hom s’n.”, Ouer: “Jy is reg, die broek is syne.”
7. Geniet die speletjie.

Resource Reviews

Store reviews: ( 1 rating )

No ratings have been submitted for this resource yet.