Hierdie bundel aktiwiteite oor vorms leer kinders baie vaardighede aan terwyl hulle groot pret het.

R57.50

Resource Description

Dit sluit in rympies oor ‘n sirkel, driehoek, vierkant en reghoek waarin hulle leer hoe die vorms in allerdaagse voorwerpe voorkom.
Dan is daar ook drie verskillende dobbelsteen rol en inkleur aktiwiteite. Vir hierdie aktiwiteit moet die gegewe dobbelsteen templaat uitgeknip en aanmekaar geplak word.
Verder is daar ook ses verskillende knip en plak kunsprojekte: trein, vuurpyl, boot, vissies, blom en huis. Die kunsprojekte kom voor in kleur sowel as swart en wit. Die swart en wit vorms kan geverf of ingekleur word voor dit geknip word.
Laaste is daar ook ‘n bladsy met 12 verskillende vorms wat omlyn moet word. Ook die bladsy is beskikbaar in kleur sowel as swart en wit. As die bladsy gelamineer word kan die kinders oor en oor oefen op een bladsy.

Resource Reviews

Store reviews: ( 0 ratings )

No ratings have been submitted for this seller yet.