Graad: 1

Aantal bladsye in hierdie werkboek: 150

In die werkboek word die leerder stelselmatig blootgestel aan die getalle 0 – 5. Die getalle word vasgelê deur verskillende, maar herhaaldelike oefeninge wat regdeur die werkboek plaasvind. Daar is ook ‘n variasie van patrone wat die leerder kan nagaan om te help met syfer- en lettervorming. Die eenvoudige formaat van die werkboek help die leerder om die inhoud beter en meer selfstandig vas te lê.

Die volgende begrippe word behandel in Werkboek 1:
tel, getal, getalname, getallelyne, voor / tussen in / na, maak een meer, maak een minder, plus/minus, grafiek.

Hulpmiddels wat u ontvang saam met hierdie werkboek:
(Let op: U ontvang hierdie hulpmiddels in ‘n elektroniese formaat – die beste sal wees om dit te print en te lamineer.)
·  Getalletabel (0-500) vir leerder
·  Getalle 1-10 muurkaart

Product Reviews ::

Total vendor ratings: ( 0 ) ratings
No ratings have been submitted for this vendor yet.

R55.00 R40.00