Hierdie werkboek kan tuis of in die klaskamer benut word. Die werkboek mik om die leerder bloot te stel aan verskillende numeriese en geometriese patrone, asook die verwantskap tussen sekere getalle. Elke vyftien bladsye in die werkboek fokus op ‘n sekere getalreeks – die werk handel dan soveel as moontlik net oor hierdie getalle. Die werkboek se formaat is eenvoudig en eenvormig, wat die leerder help om die inhoud van die werkboek makliker en meer selfstandig vas te lê.

R65.00

Graad: 2, 3

Aantal bladsye in hierdie werkboek140

Hierdie werkboek kan tuis of in die klaskamer benut word. Die werkboek mik om die leerder bloot te stel aan verskillende numeriese en geometriese patrone, asook die verwantskap tussen sekere getalle. Elke vyftien bladsye in die werkboek fokus op ‘n sekere getalreeks – die werk handel dan soveel as moontlik net oor hierdie getalle. Die werkboek se formaat is eenvoudig en eenvormig, wat die leerder help om die inhoud van die werkboek makliker en meer selfstandig vas te lê.

Die volgende begrippe word behandel in Werkboek 1:

tel aan, tel terug, tel in 1 / 2 / 3 / 4 / 5, ewe en onewe getalle, groot en klein, getalpatrone, getal, vorm, vermenigvuldig en deel met 2 / 3 / 4 / 5 / 10.

Hulpmiddels wat u ontvang saam met hierdie werkboek:

(Let op: U ontvang hierdie hulpmiddels in ‘n elektroniese formaat – die beste sal wees om dit te print en te lamineer.)

·     Getalletabel (0-500) vir leerder

·     Ewe en Onewe getal muurkaart

·     Vermenigvuldig en deel met 2/3/4/5/10 flitskaarte

·     Vermenigvuldig en deel met 2/3/4/5/10 tabel

( 0 ) ratings No ratings have been submitted for this product yet.