Hierdie werkboek kan tuis of in die klaskamer benut word. Die werkboek mik om die leerder bloot te stel aan verskillende numeriese en geometriese patrone, asook basiese algebra. Elke twintig bladsye in hierdie werkboek fokus op ‘n sekere getalreeks – die werk handel dan soveel as moontlik net oor hierdie getalle. Die werkboek se formaat is eenvoudig en eenvormig, wat die leerder help om die inhoud van die werkboek makliker en meer selfstandig vas te lê.

R70.00

Graad: 3, 4

Aantal bladsye in hierdie werkboek205

Hierdie werkboek kan tuis of in die klaskamer benut word. Die werkboek mik om die leerder bloot te stel aan verskillende numeriese en geometriese patrone, asook basiese algebra. Elke twintig bladsye in hierdie werkboek fokus op ‘n sekere getalreeks – die werk handel dan soveel as moontlik net oor hierdie getalle. Die werkboek se formaat is eenvoudig en eenvormig, wat die leerder help om die inhoud van die werkboek makliker en meer selfstandig vas te lê.

Die volgende begrippe word behandel in Werkboek 2:

tel aan, tel terug, tel in 2 / 3 / 4 / 5 / 6 / 7 / 8 / 9 / 10 / 25 / 100 / 1000, getalpatrone, getal, vorm, anologieë, veelvoude en faktore, asook vermenigvuldig en deel met 4 / 5 / 6 / 7 / 8 / 9 / 10.

Hulpmiddels wat u ontvang saam met hierdie werkboek:

(Let op: U ontvang hierdie hulpmiddels in ‘n elektroniese formaat – die beste sal wees om dit te print en te lamineer.)

·     Getalletabel (0-1000) vir leerder

·     Flardkaarte (0-1000)

·     Vermenigvuldig en deel met 4/5/6/7/8/9/10 flitskaarte

·     Vermenigvuldig en deel met 4/5/6/7/8/9/10 tabel

( 0 ) ratings No ratings have been submitted for this product yet.