Hierdie werkboek kan tuis of in die klaskamer benut word. Die werkboek help die leerder om die getalle 500 – 1000 vas te lê, op ‘n eenvoudige, maar stimulerende wyse. In die werkboek word daar gefokus op tien verskillende stêr getal reekse wat strek vanaf 500 tot 1000. Die eenvormigheid en herhaling wat plaasvind in die werkboek help die leerder om die inhoud beter en meer selfstandig vas te lê.

 

R70.00

Graad: 3

Aantal bladsye in hierdie werkboek235

Hierdie werkboek kan tuis of in die klaskamer benut word. Die werkboek help die leerder om die getalle 500 – 1000 vas te lê, op ‘n eenvoudige, maar stimulerende wyse. In die werkboek word daar gefokus op tien verskillende stêr getal reekse wat strek vanaf 500 tot 1000. Die eenvormigheid en herhaling wat plaasvind in die werkboek help die leerder om die inhoud beter en meer selfstandig vas te lê.

Die volgende begrippe word behandel in Werkboek 4:

tel aan, tel terug, voor /na /tussen in, meer en minder, groter en kleiner as, ewe en onewe getalle, getal en getalnaam, groot na klein / klein na groot, dalende/stygende volgorde, getalsin, plekwaarde, waarde.

Asook:

Getalkombinasies: boustene van 20 / +  en – met 20.

Konteksvrye berekeninge: Plus en minus met getalle tot by 1000.

Woordsomme: Plus en minus met getalle tot by 1000 – sonder die hulp van ‘n getallelyn.

Blitstoets: Hersiening van algemene wiskundige begrippe, getalname en getalkombinasies.

Hulpmiddels wat u ontvang saam met hierdie werkboek:

(Let op: U ontvang hierdie hulpmiddels in ‘n elektroniese formaat – die beste sal wees om dit te print en te lamineer.)

·      Flardkaarte (0-1000)

·      Getalletabel (500-1000) vir leerder.

·      Ewe en onewe getal muurkaart.

·      Dalende en stygende volgorde muurkaart.

( 0 ) ratings No ratings have been submitted for this product yet.