Maak jou lewe maklik! Laai Kwartaalbeplanning, assesseringsplanne, volledige hoofstukke en alle formele assesseringstake vir elke kwartaal af.
Hierdie is my sesde hoofstuk van kwartaal 1. Ons weet almal hoe moeilik en abstrak hierdie konsep vir kinders is. CAPS in Graad 4 hanteer hierdie onderwerp net een keer. Ons het dit verander. Ons doen dit elke kwartaal en deel dit in moeilikheidsgrade. In kwartaal 1 dus net ure, kwarte, halwes en driekwarte. Al hierdie in 12-uur tyd, 24-uur tyd, digitaal, analoog, spreektaal en tydsverloop. Daar is 8 bladsye met volledige oefeninge en verryking, daar is ook ’n addisionele memorandum en klas-assessering ingesluit. Daar is ’n groot verskeidenheid analoog, digitaal en tydsverloop aktiwiteite. Die formaat is MS WORD en dus ten volle wysigbaar. Uitgewerk volgens KABV/CAPS beleid Funksioneel in Afrikaanse skole met ’n hoë standaard. Funksioneel vir verskillende vlakke, effektief vir differensiasie. Laai gerus my gratis Kwartaalbeplanning en assesseringsplan wat hierdie hoofstukke ondersteun af. Kontak my gerus as jy enige vrae het – denvanvuren@gmail.com

( 35 ratings ) View All Ratings

No ratings have been submitted for this product yet.

SOMME-NET-MAKLIK

DENISE VAN VUREN

View Store