Woordbou: Dubbel-, Twee- en Drieklanke

Woordbou: Dubbel-, Twee- en Drieklanke Die werksvelle fokus op woorde met aa, ee, oo, uu, ei, oe, ie, eu, ou, ui, aai, ooi, eeu en oei. Bou die woorde en hersien die spelwyses. Bind die velle in 'n boekie of gebruik as los werksvelle. 65 Eenvoudige take

Dubbel-, Twee- en Drieklanke

'n Doolhof en klankspesifieke sinne per dubbel-, twee-, en drieklank Soek en skryf die spesifieke klanke, trek die sinne na of slegs die spesifieke woorde (bv. woorde met 'n 'aa'-klank, ens.). Die velle sluit woorde met die volgende klanke in: aa, ee, oo, uu, ui, ie, ei, oe, ou, eu, aai, ooi, eeu, oei

‘n Dubbel-, Twee- en Drieklank Hersieningsboek Pakket

60 individuele bladsye om as skyfies vir 'n skyfievertoning, muurkaarte of as werksvelle te gebruik PLUS 42 werksvelle om die kennis (en woordeskat) van dubbel-, twee- en drieklanke te ontwikkel. [Dus 102 bladsye in totaal.] * Gebruik saam met "‘n Klanke / Woordeskatboek"

Muurprente: dubbel-, twee-, drieklanke

14 A4-muurprente: aa, ee, oo, uu, ie, ei, oe, ou, eu, ui, aai, eeu, ooi, oei Gebruike die muurkaarte teen die muur of verklein na 14 mini-kaart op 'n vel om as 'n verwysingsblad op die tafelblad of in 'n werkboek te dien.

Meervoude

Werksvelle wat fokus op die toepassing van die meervoudsreëls vir kort klinkers, lang klanke en twee- en drieklanke. Daar is twee werksvelle vir elke reël wat differensieër in terme van verduideliking (soldate analogie en 'n alternatiewe verduideliking).

Spin en Spel /s/

'n Interaktiewe aktiwiteit om leesvlotheid en dekoderingsvaardighede te bevorder. /s/-klusters in inisiële posisie word geteiken. Daar kan gekies word tussen kort klinkers, dubbelklanke of twee- of drieklanke om woorde mee te vorm.

Graad 7 Graad 8 Algebraiese vergelykings – Back to Basics

Hierdie PPT is ideaal vir Gr. 7 en 8, Dit verduidelik back to basics van algebraiese vergelykings. Algebra is uit die Gr. 7 kurrikulum gehaal..... Ek is van mening dat geen Gr. 7 hoerskool toe moet gaan sonder hierdie agtergrond kennis nie! Hierdie Powerpoint presentation het 36 skyfies wat een-stap en twee-stap vergelyking omvattend verduidelik, as ook volgorde van bewerking en invervanging met vergelykings. Ingesluit in die PPT is oefeninge met memorandums, sodat elke stap ingeoefen word soos die verduideliking aangaan.  

Twee getal Optel en aftrek boek (MEMORANDUM INGESLUIT)

Hierdie handige, kleurvolle en drukbare werkboek fokus op optel en aftrek van twee-getal somme. Dit bevat ook oordra en leen somme. Die werkboek bevat 200 vrae (daar is 50 vrae per afdeling). Hierdie is 'n wonderlike hulpbron vir ouers, onderwysers en opvoeders.

My eerste sinne

Sinsbou en taalformulering   Hierdie produk is vir die ouer, onderwyser of terapeut van 'n leerder wat dit uitdagend vind om Afrikaanse sinne te formuleer. Dit bevat genoegsame herhaling van basiese, eerste woorde en sinskonstruksies sodat die vaardigheid stewig vasgelê kan word. Dit is ideaal vir kinders tussen twee- en drie jarige ouderdom. Dit fokus op basiese sinsformulering en spreek terselfdetyd ook die leerder se ouditiewe geheue en sinsnabootsing aan. VLAK 1: Moeder, onderwyser of terapeut wys na die prente en sê die sin. Daarna herhaal die leerder dit deur ook na die prente te wys. VLAK 2: Leerder wys self en sê die Afrikaanse sin. VLAK 3: Die geskrewe woorde word toegehou en 'n graad 1 leerder moet self 'n sin skryf en bou met die prente wat hy/sy sien. Mag u dit geniet en heerlik met u kind/leerder...

Hulpmiddels vir VOO-Afrikaansonderwysers

Hier volg 'n paar hulpmiddels wat gemaak is deur onderwysers, vir ander onderwysers. Die hulpmiddels is alles op TEACHA! te koop in die onderwysers se eie winkels. Hierdie uitstekende hulpmiddels sal definitief Afrikaansonderwysers help om tyd te bespaar. Gaan kyk! Opsommings: Inleiding (CAPS) deur Letters in stories Die voorlegging neem die klas saam deur die ontwikkeling van opsomvaardighede. Dit gebruik die CAPS-formaat en som 7 feite op. Ook beskikbaar vir IEB-standaarde. Gaan kyk! Skryftaak: E-pos deur Letters in stories ‘n Taak wat leerders die formaat en inhoud van ‘n e-pos leer. Dit gee ook ‘n voorstel van ‘n taak wat leerder aan hulself in die toekoms kan skryf en ‘n webblad wat dit vir hulle dan sal aflewer. Gaan kyk! Twee ysbrekers – Wie is jy? en Vind iemand wat… deur Gladdebek Skop die nuwe jaar af met twee prettige...

Skryf ‘n Opsomming

Gebruik hierdie pakket om jonger leerders bekend te stel aan opsommings. Dit is 'n volledige paragraaf-styl opsommingsles, nie slegs vul-die-woorde-in nie. Die pakket is saamgestel rondom 'n heuningby-tema en kan as deel van jou twee-weeklikse beplanning ingesluit word. Die pakket kan ook aangewend word vor Addisionele Taal leerders in Graad 5.  Die pakket bestaan uit 'n les (PowerPoint), werkkaart asook memorandum.

Graad 4 Afrikaans Huistaal Kwartaal 2 Respons op Teks MINECRAFT

Hierdie bundel is rondom 'n Minecraft tema saamgestel. Gebruik dit ter voorbereiding van die eksamen in Kwartaal 2, of as jou eksamen vraestel. Die begripsleesteks is nie-fiksie en word opgevolg met 'n uitnodiging as visuele teks. Verskeie vlakke van Blooms se vraagstelling word deurgaans gebruik. Die opsomming is op inligtingsteks, soos voorgestel deur die 2023 ATP's. Leerders moet 'n opsomming voltooi deur woorde in oop spasies in te vul. Die Taalafdeling fokus op taalwerk wat deur die kwartaal behandel is. Of... gebruik die bundel as 'n uitgangspunt vir jou twee-weeklikse temabespreking rondom inligtingsteks. Leerders is versot op Minecraft en sal graag meer wil leer (of vir jou meer wil leer!) oor Minecraft. Memorandums vir alle afdelings is ingesluit.

Graad 4 Afrikaans EAT Kwartaal 1 Taak 3

In hierdie bundel is 'n volledige toets vir Graad 4 Afrikaans EAT, Kwartaal 1, Taak 3 volgens die nuutste CAPS vereistes (2022). Die toets is geskoei op 'n dieretuintema wat losweg op een van die gewilde Tippie verhaaltjies (verwerk om kort genoeg te wees vir 'n toets) deur Jose en Reinette Palmer. Die visuele teks is 'n plakkaat vir die "Johannesburg Dieretuin" en taalstrukture word rondom die tema getoets. Gebruik die bundel as deel van jou toetsvoorbereiding of as 'n deel van jou twee-weeklikse beplanning rondom 'n storie (teks). Die dieretuin is altyd 'n gewilde tema en addisionele taal-sprekertjies is meer gewillig om saam te gesels oor diere. Neem die oorspronklike verhaaltjie uit en lees die hele boekie as 'n klas saam na die toets, daar is oulike idees vir verdere leer aan die einde van die storie.

Klanke leeskaarte

Hierdie handige, drukbare en kleurvolle leeskaarte help leerders met die aanleer en korrekte lees van klanke. Hierdie dokument bevat die volgende: Vokale (groen), konsonante (rooi), diftonge (oranje), twee- en drieklanke (pers) en klanksamevloeiings/samestellings (blou) Wise Old Owl Educational Products

SOSIALE WETENSKAPPE GRAAD 6 TOETS KWARTAAL 2 2021

Graad 6 Sosiale Wetenskappe Gegrafie Kwartaal 2 Toets. Opgestel volgens bepalings in die 2021 ATP en is brongebaseerd. Vyftien punte vir kwartaal 1 en vyf-en-twintig punte vir kwartaal twee-drie paragraaf tipe vrae ingesluit. Teachers Galore