Meeteenhede - plakkaat

Meeteenhede plakkaat (gram en kilogram)

Visuele hulpmiddel vir leerders om tussen gram en kilogram te onderskei.

R15.00

Hierdie plakkaat dui aan wat min of meer ‘n gram is (dis lig) en wat ‘n kilogram is (dis swaar). Ek verduidelik ook altyd aan my leerders dat as hulle op die skaal gaan staan is dit kilogramme. Hulle is al swaar en mamma kan nie meer eintlik vir hulle optel nie, maar mamma bak in die kombuis en tel die meel en suiker op en daarom is dit gramme. Mamma werk met ligte goed (gramme) in die kombuis en jy wat swaar is, is kilogram.

Dis ‘n aflaaibare jpeg formaat (sonder my watermerk) en kan geprint word.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

plattelandsejuffie

  Ek gee vanaf Januarie 2016 EBW graad 8 en 9, sowel as Rekeningkunde graad 10 tot 12. Ek het my onderwysgraad by CPUT Wellington graad behaal. Ek is mal daaroor om mooi goed te design vir my klaskamer. Ek is nie 'n baie groot voorstaander van PowerPoints nie. 'n Video is baie aangenaam om vir die leerders vinnig iets te wys, leer of hul aandag te kry, maar 'n PowerPoint kan maar eentonig raak en as mens elke dag daarvan gebruik maak kan leerders ook maar verveeld raak. Plakkate is my lewe... Of ek dit nou self maak en of ek my leerders aan die werk steek om die definisies op plakkate te maak, enige vorm van plakkaat is vir my bitter mooi. Asook interessante aktiwiteite en notas vir die leerders. Ek is mal daaroor om iets so visueel as moontlik vir leerders oor te dra, maar nie noodwendig met 'n PowerPoint nie. As enige iemand enige vrae het is jul welkom om my te e-pos by: plattelandsejuffie@gmail.com  

View Store

( 0 ) ratings No ratings have been submitted for this product yet.